frouws

Tuisblad

Hoekom hierdie program?

Baie van ons het al suksesvol gewig verloor, dikwels ‘n paar keer. Dit is dikwels nie om die gewig te verloor wat die grootste uitdaging is nie, maar om dit af te hou. Diëte blyk net korttermyn resultate op te lewer, en is meestal nie volhoubaar op die lange duur nie.

Sommige van ons stoei en sukkel met diëte en verloor net ‘n klein bietjie gewig ten spyte van ons beste pogings.

Wat ons nodig het is ‘n suksesvolle, volhoubare manier van eet wat ons die ekstra gewig laat afskud, en ook afhou vir die res van ons lewe.

LOSE FOR LIFE is anders as ander diëte, dit is ‘n program wat jou leer hoe om jou leefstyl te verander om skraal en gesond te word, en so te bly vir die res van jou lewe.

Geskiedenis

Hierdie program is saamgestel, en word gelei deur ‘n mediese dokter, Dr. Janneme Frouws. Dr. Frouws het gegradueer van die Universiteit van Pretoria in 2002. She het in 2005 na Kanada verhuis en vir 8 jaar gepraktiseer in British Columbia, Kanada en ook die Kanadese mediese eksamens voltooi en die Kanadese Huisartskunde kwalifikasie behaal. Sy is geregistreer by die College of Family Physicians of Canada asook die Health Professions Council of South Africa. ‘n Vriend en kollega, Dr. Stefan du Toit, ‘n Suid-Afrikaanse dokter van Valemount, British Columbia, Kanada, het ‘n baie suksesvolle gewigsverliesprogram begin in 2010, en het die nuus gehaal in Kanada met die fantastiese resultate van sy program.

Dr. Frouws het die basis van hierdie program van Dr. Du Toit geleer. Sy het die program geimplementeer as deel van haar mediese praktyk in Kaslo B.C., Kanada, met groot sukses. Sy het verdere kursusse bygewoon oor optimale voiding en gesondheid en die program verder ontwikkel om lering in te sluit oor ‘n variasie van onderwerpe rakende dieet/voeding en gesondheid.